Fornikering op ’n afstand bekyk
Daar is ’n regte moeilikheidmaker, wat maklik ontevrede raak en ontydig verlang na iets meer, iets beter, iets meer vervullend. Daardie verlange is gegrond op die vasgryp van my, vir MY, sodat ek meer bevrediging kan kry. Hierdie volwasse kindermaker is … fornikeer. Liefdemaak. Seks.
Moontlik is dit gegrond op ’n mens se ontevredenheid met sy/haar maat en nie net die soeke na en verwagting van iets beter, beter, beter nie. As dit die enkele grondslag van ’n verhouding is, gaan dit verseker die paadjie na self-vernietiging loop. Dit is onvermydelik dat te korte (geen bybedoeling) in behoeftevervulling, die oorsaak van ons probleme en ongelukkigheid in verhoudings sal wees. Dit is egter elkeen se keuse. As ons wil voortgaan om ongelukkig en gefrustreerd te wees – want hierdie soort van soeke is gedoem tot frustrasie – dan sal dit so wees. Maar, as ons wil hê hierdie ongelukkigheid, hierdie angs van konstante frustrasie en die alewige op “soekwees” na iets beter moet ophou, lê die antwoord daarin dat ons eers moet opstaan, wegstaan en vir ’n rukkie ons van fornikasie moet weerhou. Ons moet baie eerlik die motivering vir ons seksuele dryfkrag ondersoek, beide met ons eie lewensmaats, of indien jy tot die kuns van menige maats en aktiwiteite ingestel is, dan uiteraard selfs meer! Ons moet mooi gaan bekyk, hoe ons seks beskou.
Jy is óf ’n idealis óf ‘n ?realis!
Seksuele bedrywighede is nie vreeslik anders as net nog ‘n menslike daad nie, soos eet, is dit ‘n biologiese funksie van die liggaam. As ons die liggaam nie voed nie, word dit honger. Net so, is daar seksuele hormone wat “gevoed” wil word- wat ook “honger” word. Uiteraard sal daar mense nou opspring en beswadder voel en gillend uitroep dat daar ‘n hemelswye groot verskil tussen die vervulling van seksuele honger en die bevredigende voeding van hongerpyne is. Ook waar -ons kan lewe sonder seks, maar ons kan nie sonder kos leef nie.
Die soeke na seksuele vervulling , net soos om te eet, kan deur ‘n negatiewe emosie / houding óf ‘n opbouende gekenmerk word. Byvoorbeeld, as ons uit gierigheid en belustheid – soos ‘n vark sy wange volstop – is dit self-vernietigend. As ons eet, wat ons nodig het – met ander woorde eet om te lewe, is dit ‘n positiewe ervaring en die eetgedoente doen is net goed. Dieselfde is waar in die geval van seks. Wanneer ons fornikeer, gedryf deur ’n diepgewortelde alles oorweldigende nou-of-nooit begeerte, kan dit negatiewe emosies ontlok wat op sy beurt weer vernietigende optrede tot gevolg mag hê. Wanneer die pad, tydens en na die liefdesmakery die oordrag van my bewondering wys en help om iemand – hopelik die regte persoon – my hartsgevoellens te laat voel, is dit opbouend en vol hoop. Indien mens seks as susmiddel gebruik net omdat jy nie kan slaap nie of dit die kortste pad na die stilmaak van ’n skuldgevoel is, dan is dit nag. “Vernietigende fornikasie”, wat vir ons in die toekoms net probleme gaan besorg.
Vir baie van ons mense is die negatiewe emosie, die geslagsdaad en die probleme wat dit vir hulle in die toekoms gaan veroorsaak, egter ’n verre bysaak in die vervulling van ’n vinnige fornikasie verlange.
Die fliekmense uit die groot VSA se leë woud is altyd op soek na die perfekte orgasmiese geleentheid. So ‘n soeke, moontlik meer nog die oorhoopse beklemtoning daarvan, veroorsaak dat ons ontydig ontevrede raak met die seksuele ervaring wat ons het. Vandaar die soeke na ‘n beter een. Deur altyd na iets meer te verlang, kan ons nooit regtig geniet wat ons het nie. Dan raak die verhouding ??gefrustreerd en ongelukkig. Dieselfde geld vir die ontwykende perfekte seksmaat wat net nooit kooi-toe wil kom nie. Ek reken ons moet daarmee vrede maak – ons gaan nooit die volmaakte lewensmaat vind nie. Ons gaan altyd oor iets of ’n ander ontevrede kan raak en my eie houding, gaan verseker my geluk bepaal.
Dus, het dit nou seker tyd geraak om die mite van ’n perfekte verhouding, ’n perfekte seksuele vervulling en daardie orgasmiese liefde met die gewilligste maat, te verloën en die verlange wat hierdie mite gegenereer het, nek om te draai. Ontspan, die sekssprokie is nie verby nie, dit het eintlik nog nooit bestaan nie. Jammer.
(Aangesien die skrywer nie ’n erkende “fornikoloog” is nie, mag sy sienings as eenogig beskou word.)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Spyker op die kop geslaan (ook geen bybedoeling van my kant af nie). Altemit nie 'n fornikoloog nie, maar jy kon netsowel 'n seksoloog gewees het. 'Ek reken ons moet daarmee vrede maak – ons gaan nooit die volmaakte lewensmaat vind nie' en ek las by; 'of wees nie'. Fienies en klaar.