Nié vir my
Brons kategorie
Nié vir my
my salaris joune… máánd na máánd
verruil vir slapelose rondrol nagte
oor verspulde rand
gewetenloos teer jy op hardverdiende noot
jou rente vreet… selfs ‘n laaste stukkie brood
jý…soetste heuningstroop
verwoes stilweg soos jy oorgemaklik inloop
jou aangename smaak wat té gou verdwyn
los ‘n bitter nasmaak waar spyt sy trane huil
©Magda van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek