Aborte Vendicta (Goud)
mamma,
jy het my eersgeboortereg verpand
maar ek het bly glo
aan die hoop dat jy my sou liefhê
maande lank het ek vasgeklou
aan die warm liefde
binne die kokon van jou koue hart
wat my nie wou hê nie
vasgekluister
aan die naelstring
van ons saamwees
terwyl jy ons eenheid betreur
mamma,
my eerste stilkreet
was na jou
terwyl ek warm nakend in die staalkrip lê
en kyk hoe jy leweloos koud
in die smaak van rooi verraad
onder ‘n wit doek rus
mamma…
aborte vendicta
”ek vergewe jou’
Amanda DM
*Aborte Vendicta — gewreek deur aborsie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek