kus van ‘n kis
ons harte lê naak
in vreemde lande se braak
ons kinders dra kultuur
na wye klowe wat gluur
nuut in die land ver suid
werk hul vrolik in die onkruid
waar vlaktes vol barre ongeloof
dreig om hul boodskap te verdoof
ver van hul land van oorsprong
met afwagting en soms bewing
ploeg en plant hul ons eie saad
in groot braak lande van haat
hoe ver wil jy nog kyk
met vreemdes ons vergelyk
erfreg wat aan jou gegee is
verruil en verdoesel in ‘n kis
©Teárlach.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek