
Ontrouheid
Ontrouheid
Jy het glo opreg vir my gesê
ek het jou lief,
maar ek het die haan hoor kraai—
Jy het glo opreg vir my gesê
daar is niemand anders in jou lewe ,
maar iewers het ek weer die haan hoor kraai—
Jy het glo opreg vir my gesê
by jou wil ek altyd wees,
maar ek het maar weer die haan hoor kraai
want die het jou troueloosheid
wyd en syd verkondig so,
jou enkelbed staan reg, of jy is weg—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.