
In Harmonie
In Harmonie
Met jou by my is woorde nie
altyd nodig nie en die stilte
is ongeforseerd,
volmaak, en
die vibes perfek soos
snaarinstrumente
eenders ingestel en
met ‘n interessante boek en
strelende sagte orkestrale
agtergrondsmusiek
is jy vir ‘n wyle
rustig in jouself gekeerd
en later , in arms omvou is
liggaam en siel
in harmonie—
Janetta –Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.