Josef
Josef
Een
Wie is ék?
Hoekom is ék in die put gegooi?
Hoekom moet ék my broers se haat verduur?
Hoe kan húl my dood beplan?
Verdien ék dan nie baie meer?
Is ék deur God verlaat?
My Pa en Ma se liefling kind is weggegooi.
Het Gód my die drome gee net om deur húl verdelg te word?.
Niks maak sin van gerwe,
Van Son en Maan en elf sterre
wat voor my buig.
Hoe kan ek verstaan?
Waar het ek my fout begaan?
Wie is ek en waarheen sal ek gaan?.
Tussen die wande van die put word my droom versmoor.
My mooie kleed deur my pa laat maak
Is uitgetrek en stukend geskeur
My hart is flenters oor dit wat gebeur
Wat is God se plan vir my?
Twee
Uit die put getrek, verneder en verkoop
Ék ‘n liefling kind,
‘n slaaf in ‘n vreemde land.-
Wie is ék?
Sal ek my hoop verloor en my God verloën
My trane ‘n waterbad
U troos en hou my vas.
Drie
Vir Potifar sal ek werk!
My fokus op God gerig1
In hierdie vreemde Land
Is God naby.
Al kan ek niks verstaan
Weet ek dat Hy altyd By my staan
In ‘n palleis laat Hy my bly
Sy goedheid en guns volg my waar ek gaan.
Selfs Potifar kan sien dat God bestaan.
Vier
Hoekom vra ek wéér
Is die Tronk my deel?
Waarom is ek hier met mure omring.
Vergete Verwerp Weggegooi
Wie is ek?
– Tronkvoël!
– Tweede in bevel!
-Waar hoort ek?
Waar pas ek in?
Trane het my deel geword.
Waarom wou sy my verlei?
Hoe kon ek sondig en my God verloën?
Weer deur mens verwerp, weggegooi en vergeet
God is hier!
Almal weet en sien.
God is hier!
Alkan ek nie sien of verstaan!
Wie sal my verlos? –
Is my hoop op my drome?
Is my hoop op Mense?-
Néé my Redder leef op Hóm alleen sal ek bly hoop
Vyf
My verlosser leef!
Hy het my gered!
Hy het my verhoog!
Hy het my voete op ‘n vaste rots geplaas!
Sy beloftes staan.
Hy maak Sy drome waar.
In my Pa en broers se oë
Sien ek God se liefde en plan
Duidelik raak
Gevat, geseën, gebreuk en uitgegee
Dit is ek!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Weereens n prgatige verwerking van n Bybel deel