Jongste aktiwiteit:

Skaakmat (silwer)

Die jammer lê swaar op sy gesig
hy lyk bedremmeld en veragtelik
met ‘n weerlose sadness in sy oë
asof hy ‘n lewenslange vonnis dra

Ek wil hom jammer kry
maar hy het my so teleurgestel
my soveel wroeging veroorsaak

Hy moes beter geweet het
as om sy waaksaamheid te laat glip
en homself so ‘n onguns te bewys

Ek ken hom goed
ek weet hy het sy les geleer
sy één verterende knagende les

Ek weet almal het hom vergewe
lankal van sy misstap vergeet
maar nie ek nie
nie heeltemal nie
ek weet nie hoe nie
want die pyn wat hy gebring het
was net veldikte weg van my

en die spieël bevestig woordeloos
hy is ek
en ek is hy

-cs-winter-2024-




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Braam het n geregistreerde lid geword

  • Paul Kloppers het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak