Apokalipties(silwer)
Die kyk in jou oë
was apokalipties
waar die wêreld oopbreuk
soos ‘n blom,
ons verdrink in die son,
die boodskap van jou lyf
kripties-
“dit wat ‘n einde bring”
Maar dit het begin by die begin
die apokaliptiese tyding
vanuit jou oë,
woorde wat soos skoenlappers-
weg uit my mond, weg fladder
om in ‘n vlerklose nag
te sterf.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek