Verstoteling
Brons kategorie
Verstoteling
asseblief meneer!
ek smeek jou…ignoreer nie my wéér probeer
my net té min… lê sonder hoop op rente
al wat ek vra, is jou aanlas, rondlê sente
duidelik lê onsigbaar, die skeidingsmuur
tussen pleit en afsku, dag vir dag verduur
koue oordeelskyk vanagter gerookte glas
definieer mý, vernederend tot ‘n ánder klas
sou jy vra…sou jy weet
die storie van my bietjie lief en báie leed
kronkel afdraaie op my eens réguitlooppad
is nou, my stille storie… my saamleef las
rande vermors, kanse verspeel
verkeerde keuses, later… net een té veel
my eie beterwete nóu my swaardra gewete
net dalk is my keuses lankreeds vergewe
steeds bly ek… al bedelende
met my skuldlas, vir mý mense
vir nou…vergete
©Magda van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek