Wagkamerboeke
in wagkamers opgekrul
lê ontspannings lektuur
waarin benoude hande
uitweë soek
in reguit hout rakke
vervat in leer omslae
word skyn wysheid uitgestal
beskikbaar teen ń prys
in blink elektroniese portale
uitgepak in onbeperkte genre
vir ongehinderd luister
met witgeruis*
in lendelam rakke
uitgestal in muf huise
lê gister se boeke
almiskie ń gedig
en reghoekig op my tafeltjie
lê môre se voorneme
vir verandering
ook vervat in ń boek
in rakke orals
staan boeke soldaat
reg vir ou en jonk
almal ongelees
*Term: witruis
Term: eweredige toevallige ruis
Verwante woorde: witruis
Engels: flat uniform spectrum random noise, white noise
Tweetalige Engels – Afrikaans Terminologielys (ouer)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.