Jongste aktiwiteit:

Die Ewige Silo (Brons)

in die yskoue Vrystaat sny die lem

om die dorre aarde met sooie te tem

ontbloot staan die lewegewende aarde

bring nuwe saad na die land sy kosbare waarde

 

met die volrond saad van lewensvog vol gedrink

ontplof die buitenste huid in ‘n oogwink

word hidrolitiese ensieme mildelik geaktiveer

sodat die saaier elke wortelvingers en groei waardeer

 

suurstof is die hoof bron vir aërobiese respirasie

warmte en lig troetel die saadlyf met energie

as die boer elke dag oor sy land tuur en hoop

biddend totdat die stroper vir die silo stroop

 

op die weiveld trap hoewe sagte spore

sing skaap en bees in hul eie kore

op die werf jaag en trap bewoners mekaar

elkeen wat in sy eie lewensbootjie vaar

 

net so geniet die boer en sy gesin genade van Bo

om elke dag in hul lewensbron te bly glo

as die son soggens die horison kom soen

bloed sweet om hul dagtaak volledig te doen

 

op die wye oop vlaktes sweef soveel gebede

word dit bemes met liefde, vreugde en vrede

sny die lewenslem soms diep deur ‘n boerehart

gekasty deur oorstromings, droogtes en smart

 

net so word ek en jy deur die Boer gesaai

sodat Hy eendag ons lewe op aarde kan kom maai

ons lewenstaak op aarde te kon voltooi

die wedloop na die Ewige Silo te kan voltooi

©Kopiereg Linda du Plessis 2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed