SLAPENDE WINTER.
Nagte lank le die veld en rus
in n soete ,geheime slaap.
Dis net die koue nagbries wat die gras laat sus
in n lang,lang winter slaap.
Elke naakte boom bewaar n gekeim,
diep in sy stam verborge.
Totdat die lente die geheim ontplooi.
Maar nou, le die vleie blink
van die bleek blink maan se blik
In n bytende koue strik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.