Anker
Jy het my siel kaal gestroop,
my ontneem van alle hoop
en met jou koue voete my binneste gekneus.
Ek het gewaag en die deur oopgemaak,
om jou en die woord liefde binne te laat,
maar toe stamp jy die deur weer in my gesig toe.
Sukkelend probeer ek die deur weer oopmaak,
maar jou gewig wat daarteen leun is te swaar.
Ek moet aanbeweeg en aan ’n toekoms bou,
maar dis jy wat my geanker op die bodem hou.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Sommige deure moet liefs toegehou word. Die hoop wat daar is en dan vertrap word laat mens frustreerd. Hou van jou slot. x