Jongste aktiwiteit:

Die pers in my blou se verlang

Die nostalgie van die noodlot
skilder beelde
oor gister
en
wasem hier voor my
teen die ruit op

die stad se liggies
flikker dof
pers-blou
soos my gemoed

hoekom moes jy
so skielik groet

ek
mis die reuk van kampvure
en kitaar snare
en die lag van jou hart
jou soete reuk
my gesmeek

die geraas van daardie
grusame nag
in Februarie
begin al meer
soos die stad klink

en
ek
mis die waarheid in jou oë
die sterremat oop
jou hand in myne
voor daardie skielike nag

die stad se liggies
en die reën
teen my hart se venster
maak my net meer verlang

jy’t my daardie aand dan belowe
jy sal my kom haal
en die verlede aan die punt
van die maan gaan hang

maar nou
sit
ek
hier
alleen

pers-blou
oor jou.

Chantelle Holder
18 Februarie 2016
© 2016




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed