Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel wat oor seestrand spoel en ‘n gekraakte bloedrooi bal wat aan die horison hang het ‘k as verlore afvlerkstrandlopertjie oor korrelklip en fyn gebreekte skulp gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap hier het ek my sielsvrede in die ritme van jou hartklop kom vind waar jou liefhê oor my dartel […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Ek sou jou kon liefhê
Ek sou jou kon liefhê Ek sou jou kon liefhê was jou voetspore witter en die dou op jou hande het nie bloedrooi geskitter Ek sou jou kon liefhê was jou woord maar jou eer nou sweef dit dof, doelloos tussen alma mater leuens in die ver buitenste sfeer Ek sou jou kon liefhê was […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
Sterre hang nie net in die donker hemel nie
ek stap laatdag oor ‘n Weskus-strand oor ontelbaar klein klein korreltjies sand en ek voel die grofheid van die skulpgruis (hoe dit skuur en krap) oral waar ek kaalvoet trap en ek hoor die dofluid dreuning (dis die breking van die branders) en die donderende !klap! van water teen ‘n rots ek proe die […]
My Weduwee-gebed
Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se kop werk. Jy sien ‘n geleentheid […]
Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel dis alleenheid se asem wat oor my moeë liggaam blaas en my hoendervleis laat uitslaan. Alleenheid. Ek is nie eensaam nie ek verlang net na jou. Oë toe probeer ek jou voel probeer ek jou weer ruik. Ek weet jy is weg. Weg. Daai weg wat […]
Totale oorgawe
waar jou asem vlermuis hang soos ‘n snoesig-sag-warm-velkaros verby die krombuig van my skouer tas jou vingers soekend in Braille oor die ronding van my rug kom gee jy doekvoettreë oor ounag-spore van maanligtyd in die helder van ‘n sonskyndag as dan die soet van jou tong my kruike boepensvul met smaak van heuning en […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
As ek (1) …
as ek ‘n lovesong vir jou skryf en dit vir jou sing sal jy ‘n strik om jou hart bind en dit vir my bring