Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel
dis alleenheid se asem
wat oor my moeë liggaam blaas
en my hoendervleis laat uitslaan.
Alleenheid.
Ek is nie eensaam nie
ek verlang net na jou.
Oë toe
probeer ek jou voel
probeer ek jou weer ruik.
Ek weet jy is weg.
Weg.
Daai weg wat nie weer kan terugkom nie.
Dood.
Ek laat my eie hande oor my
borste gly af …
af na daar waar die verlange brand
in die alleenheid wat ek voel
wanneer ek soms
in die hitte van die nag
aan jou dink en so alleen is.
Dit is dan wat ek wens
dat ek nie alleen was nie.
Dit is dan wat ek wens
dat daar iemand was
waarvoor ek kon lief wees.
Iemand aan wie ek my alles
my hele lyf
my verlange
my passie
my hunkerende begeertes na vervulling
kon gee soos ek dit aan jou gegee het … soms
saans,
wanneer almal slaap
en ons alleen was in die hitte van die nag.
© Anria 27/01/2015
4 Kommentare
-
neels claasen
Anria ek het lank laws n gedigte met soveel passive en verlange gelees. Tien goue sterre vir jou hier
-
Kiekies
Uit-flippieng-stekende gedig! Ek het dit meegeleef en gevoel en gesien!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie intens, eerlik en mooi gepen