Bosveldliefde
daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld
hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder
die geel kruin van ‘n Soetdoringboom
iewers stil saam neurie
aan die verdwaalde Wilger se droom
in die heim van my hart
blom Drolpeer uitbundig in wit
agter die dowwe groen bot van ‘n Maroela
wat my siel se ritme verstaan
já dis die weg deur God vir mẏ,
plaaskind-siel gebaan
dis my Bosveld wat lewe skenk
onder warm sonstraal se skyn
maar ook saans waar sterre
aan helder voetpaaie bou
en naggeluide hou
my wèès, immer getrou
© Anzé Bezuidenhout
5 Kommentare
-
neels claasen
Laat my dink aan Gert potgieter se as dit nag is in die bosveld pragtig geskryf anze
-
Kiekies
Ah mooi!
-
Louie
Unieke styl... gaande daaroor. Maak my lus om in my kar te klim en te gaan kyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Die bosveld bly maar na aan 'n mens se hart, selfs al besoek mens dit net soms. Mooi beelde opgeroep, Anze