Jongste aktiwiteit:

Die storie van my.

Ek het
diamante in my hare
en blomme in my oë.

Daar is sterre in my lag … maar
(ek dink)
hulle het vergeet hoe om te blink.

Daar is musiek in my loop,
’n gedig in my stem
en die storie van my verlede
kan gelees word op my vel.

Daar is hoop in my siel
en twyfel in my verstand …

en ’n onsterflike liefde
in my hart
wat nooit sal ophou met brand.

© Anria (27/01/2016)




... daar is altyd Hoop.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed