Jongste aktiwiteit:

SHOWVILLE

 

dis Showville in Bethulie
en die hele dorp is daar
op stoele netjies uitgepak
– in rye – langs mekaar

daar’s ‘n poet en ‘n sanger
en drie rappers wat moet spook
want die vyfman wat pantsula
dans die houtvloer aan die rook

maar buite in die kampkerkhof
tussen graf van kind en vrou
sit daai boytjie van Bethulie
(hy’t ook vanaand konsert kom hou)
en maak grappies oor Oom Schalk
in nog een lááste one-man-show

© C. Shaw
23 Februarie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed