Tyd verstreke
Hy bewe en huil, hy soek na ‘n liefde
wat by hom sal bly tot die bittereinde,
die antwoorde en gevoelens ontwyk
terwyl sy tyd besig is om te verstryk.
Vasgevang in ‘n greep van ewige stilte
bedink hy lewe, verstreke en vergete,
en die vrae word al meer, al moeiliker,
die stilte word al hoe erger en pynliker.
Daar is so baie wat hy nog moet sê
en die storms in hom wil nie gaan lê,
daar word nie woorde gespreek nie
want daar is nie ore om te hoor nie.
Waar vind hy ore vir angstige woorde
wat sal luister en met die antwoorde?
In hom woed daar ‘n vreeslike stryd
vir vrede met die Skepper se besluit.
11/02/2016 © C. du Plessis
5 Kommentare
-
neels claasen
Casper jou gedigte is altyd inspererend
-
Kiekies
Ai man, Spook, hoe voel ek dan nou so vol simpatie? Dis jou gedig wat dit in my hart roer.
-
Viooltjie
Dis baie moeilik om met sekere dinge vrede te maak, selfs al voel ons dit is dalk die Skepper se besluit. Ek dink nie enige mens wil alleen wees nie. Sterk emosies oorgedra, Casper.
-
Evelyn van der Merwe
En Hy sal al hierdie vrae beantwoord op sy tyd, intussen hou Hy ons styf vas en is Sy woorde en liefde genoeg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie diep gedagtes en innerlike worsteling so mooi vasgepen