Jongste aktiwiteit:

DIE KLAAGLIED VAN ‘N WILGERBOOM

Ek ry vanmiddag weer verby waar jy gister nog in jou rouklaag wintersrok
langs die opgedroogde klipdam koud gestaan het
en wonder wat onder jou skurwe boombas pels deur die nag gebeur het
om jou nou te sien in ‘n gehuurde groen blaar jas in die middagson getooi?

Hoekom lyk jy nou so beswaard mismoedig
en rol jou klaaglied deur die hittegolwe van die oggendson se voelers;
Kan dit wees dat jy jaloers is op die eerste perskeboom se trots spog lente bloeisels
wat soos konfetti gestrooi word om jou klaaglied te vermooi?

Hoekom hang jou takke leepoog aarde toe
terwyl skape soos verlore kapok vlokkies in die groen voer lande staan;
Kan dit wees dat miskien net dalk miskien jy nou ook oud raak
en vergeet het waar om jou groen blaar jas by die Somer te gaan vra?

Ek hoor vanoggend weer jou klaaglied roep
en stap tot by die damwal waar jou wortel are ontbloot lê in die uitgedroogde dam
ek luister na jou klaaglied en skielik klink dit mooi
jy kla nie oor die swaarkry van die Winter nie maar die meulsteen van mooiwees
wat jy vir nog ‘n seisoen deur die dae en nagte saam moet dra…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak