‘n baie koel Februarie
van nou af
oor ‘n maand
teen hierdie tyd van die aand
sal dit skemer wees . . .
ek weet
die son sal nog effe
agter Tagelberg gloei
en ek sal verstom wees
oor die kleur van ‘n hemel
wat so bloedloos
kan bloei
die populiere se blare
sal nouliks nog hang
en die eerste koeltes
sal ~ half onwelkom ~
die soeltes vervang
ja, ek is een
wat oor die winter kan wroeg
oor die grou en die grys en die koud
en Maart se lelies is reeds aan die blom
‘n hele vier weke te vroeg.
hierdie tyd van die aand
van nou af, oor ‘n maand
sal dit skemer wees . . .
ek weet
C. Shaw
26 Februarie 2016
10 Kommentare
-
-
neels claasen
Ek stem saam met anze jy oortref jouself hier
-
Janelotte
Pragtig, Carma!
-
borrels
My gunsteling ... jou openingstrofe :-) Baie mooi geskryf.
-
Kiekies
Applous applous applous aanhoudende applous! Wonderlike gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow.. MEESTERLIK!!!!