Jongste aktiwiteit:

laaste ster

ek wil verse vir jou skryf
in die stil leeskamers van my hart
waar my gees ontwaak en elke woord weeg
wyl jy vurend teen my leun en luister
na die noot van troebadoerwoorde
oor jou wat my gedagtes bepaal
die wind wat my seile draai
kom stort jouself oor my
salf my uit die erdekruik van jou wese
laat my die skynsel in jou skadu wees
die laaste ster in jou hemelruim
Anton Kilian




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed