Jongste aktiwiteit:

Sterre hang nie net in die donker hemel nie

 

ek stap laatdag oor ‘n Weskus-strand
oor ontelbaar klein
klein korreltjies sand
en ek voel die grofheid van die skulpgruis
(hoe dit skuur en krap)
oral waar ek kaalvoet trap

en ek hoor die dofluid dreuning
(dis die breking van die branders)
en die donderende !klap!
van water teen ‘n rots

ek proe die soutsproei in die skemerlig
ek sien ‘n seemeeu, wat verby my vlug

en ek onthou weer . . .
daar’s ook sterre in die see

dalk
is heel te veel ook al gesê
oor die son wat in die Weste lê
en oor wolke met ‘n goue rand
en die vuurstreep, wat oor water brand

*

maar ék
ek onthou
jy’t vir my die sterre gegee
waternat-blink sterre
uit die vlak poeletjies
(tussen die klippe)
van ‘n Weskus-see . . .

© C. Shaw




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed