TYD
Sand dros uit die gebreukte uurglas sluipvoet uit
en vorm strepe korrels op my lewens padkaart
terwyl die dou dans in die nag se kammagat gedagtes
Die uurglas verstik verstop
en kielie tyd om aan te stap
gejaag deur die son se voorslag
Die son kom bloei sy goue gulde op my voorstoep uit
en binne iewers in die voorkamer
jaag die muurklok sekondes toekoms toe
Die dag rol die aand soos ‘n maatband op
en nag word weer dag as die oggendson sy spiere rek op die koppies
en die maatband aas neerlê vir die nag
Tyd
jy loop vooruit deur die plooie van my lewe
en wys my waar die berge lewenslus uitbloei
waar ek kan dros met my gedagtes
en tyd sy grondpad mank afstap
en ek kan word weer ek
3 Kommentare
-
-
Anze
Baie mooi gepen, dankie vir jou bydrae tot ons projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
pragtige werk