LAASTE LAG
‘n Slot wat knars
‘n skoot wat bars
‘n halfmas vlag
en laaste lag die dood
‘n Reënboog rank
‘n leë bed
‘n ope graf
en laaste lag die dood
‘n Leë krip
‘n oes verbrand
‘n man word groot
en laaste lag die dood
7 Kommentare
-
-
Jan
Diep.
-
-
borrels
Ek hou van dit.
-
Anze
baie mooi gepen, dankie vir jou bydrae tot ons projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Baie treffende gedig