Jongste aktiwiteit:

Jy het nie huis toe gekom …

verlate sit ek vanaand
met my voete in die sand
die branders hou my geselskap
‘n seester in my hand
in die verte brand die liggies
van ‘n deinende tjokkaboot
van hier so klein en amper fyn
mens sou nie sê dis 6-man groot

deur my vingers loop korrels sand
soos die tyd deur ‘n uurglas
dink ek aan ons saamweestye
en hoe lekker dit vir my was
maar vanaand sit ek alleen
verlange maak my woorde stom
en my oë is vol oseane
want jy het nie huis toe gekom




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed