My leef se rede
in die eggo’s van die jasmyn se reuk
skil jou koesterwoorde, sag in eerbied
(soos reukwerk wat deur my vingers val
tot by die poorte van my hart se grendeldeur)
sò bind jy my vas in jou heil’ge
Jabesgebied
dan kom sypel dankiesê (ge)bede
as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle
want die wasem van jou liefde is my leef se rede
‘wyl jou hartklop ritmies klop-klop
soos ‘n duisendpoot se kieliespoor
net vir mẏ, om te
kan hoor
© Anzè Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Anze een van jou bestes ooit