Is jy waarlik vrou
Is jy waarlik vrou?
Deur: Ryno du Plessis
Op die verhoog van die lewe dans jy, ander se doen en late ken jy.
Maskers vir elke okasie dra jy, jou ware laste verdraai jy.
Jy is slim se baas, niks kan jou verbaas.
Jou mantel swaai daar waar die wind waai.
Skyn jou lig van binne of buite?
Kyk jy dalk na die lewe deur vuil ruite?
Slim en sag, innerlike krag.
Op jou knieë is wat God van jou verwag.
Spreek die wysheid van Spreuke.
God werk meer in jou hart en siel, deur jou lippe, nie deur jou lipstiffie nie.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.