voëlvry
so vry soos meeue wat swewe
bokant tierende blou branders
so vry soos arende wat sweef
bokant uitgestrekte landskappe
so vry soos digterlike woorde
swewend bo mense gedagtes
soos saakmakende begrippe
wat stelling inneem bo emosie
vry soos kind in sy moedertaal
soos water wat rol oor los klippe
strome van seën wat riviere vorm
wat lewenskrag aan natuur bring
so vlieg my gedagtes voëlvry
oor gebeure in ons landstreke
versigtig optimisties sweef ek
maar voorbereid op enige iets
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek (Let asb op die Inligtingstukke by elke projek vir temas en reels, elke lid mag slegs 3 keer per afdeling inskryf tydens enige projek)