Jongste aktiwiteit:

Sinvolle lewe

Sinvolle lewe
Pa jy het die lewe geleef
ten volle
met oorgawe
jou kinders jou rykdom
jou kleinkinders jou kroon
goud en silwer die had jy nie
hart wat warm geklop het wel
rugby was jou passie
vurig kon jy raak beslis
onreg het jy nooit geduld
die Here het jy gedien
God en Sy gebod had jy lief
oral het jy ons om jou verga
sy kinders onwelkom is
bly almal tuis
kindervriend soos min
moeilike babas wat nie wil slaap
dit het nie bestaan
oupa en boetatjie slaap heerlik saam
saans klere reggesit vir môre
ook mamma s’n
water ingetap vir haar om te was
sit haar innie bed
soen haar nag
soggens wakker gesoen
begroet met koffie
later ontbyt in die kooi

pa die onthou is so mooi
wonderlike tere herinneringe
nooit had ek die voorreg om
deur jou in die kerk ingebring
te word…
ek onthou ons dae van
rock-‘n-roll op elvis
as die advertensie opkom
het jy my geroep
ons dans alweer

mag jy nou tuin maak
in die tuin van eden
saam met Lukas en Blackie
daar rondwandel
mag jy vlugvoetig dans op
hemelse musiek
geen stywe seer bene meer
gun jou rus en vree’
maar ek mis jou verskriklik
ousus…
hierdie keer kon ek jou nie red
die Heer het jou stil onverwags
kom haal
wens ek kon jou groet…

©Berna
10.03.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak