Jongste aktiwiteit:

Ewige (open)baring

In die skoot van jou ewigheid
het jy gegroei tot die volmaking
van Sy gebod vir jou lewe

sweersel tot geloof
gedagtes gekloof
waar ñ ander wêreld
se lewe binne jou lewe

siel
liggaam
en gees

gehuisves om die bepaling
van jou eie wil
te buig tot vernuwing
sodat die einde in die begin
ooreenstem met die plan
van jou lewe

soos ñ kroniese beweging
vloeiend in die nagedagtes
van dit wat bygevoeg is
tot die kookpunt van wysheid

sodat die gestremde skoonheid
van jou waarhede
die opofferings weerspieël
in die ewebeeld van dit
wat geskryf staan
in die oë wat terugstaar
wanneer jy in die spieël kyk

en ñ glimlag vou om die hoeke
van die keuses
wat jou gevorm het
wat jou gebreek het

danksegging in eenvoud
dat jy bestem is vir meer
lê hier oop voor jou

en jy val nederig op jou knieë
want jy het lewe
ewige lewe.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed