Joh 3:16
Hoe vergeld jy die skuld
van ñ oeroue stamboom
wie se eisdade diep begrawe
lê in die voortbestaan
van jou sweet
wie verklaar oorlog
en wie sny die swaard
in die verraad
van onkunde
en roem
doem profeet se gal
en salpeter vervloek
in die spel van euwel
verspied tot eie gewin
verbrand in die wellus
van verganklikheid
uitgewis sal jou betwis
tot niet kom
want die boom van jou stam
se leed is verbreek
deur die bloed van die Lam
die doodse opstanding
van die Een wat gekom het
om die kruis van jou tempel
te beklee met Sy liefde
en die skuld van gister
skoon te was
as profeet bekroon
om as dienaar
Sy liefde te gee
sodat die prys van vryheid
tot in ewigheid
saam God kan voortleef
vir my en ook vir jou.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.