Jongste aktiwiteit:

Droomvanger

ek wil vir jou, my lief
‘n droomvanger vleg
met engelvlerke versier
soos direk van God gestuur

kosbare diepsee oesterpêrels
doekvoet en sag vasgeryg
deur stringe ewige liefde
vas en seker geborduur

in ‘n agt-puntknoop vasgebind
dalk ook tussen in ‘n spieël of twee
sodat ons die sonstrale vas kan vang
dit iewers aan die sekelmaan gaan hang

in elke brose spinnekopweb
die klanke hoor van engelekoor
wat donslig dans op suiwer akoorde
ons oë kan vee oor prag en broosheid

vir jou vleg ek ‘n droomvanger
in die sagtste sywurm-sy
om jou van my liefde te vertel
wat hoendervleis speel op my vel

© Anzé Bezuidenhout

 

Woorde: Anze Bezuidenhout

Komponis en sanger: Marc Brundson (Bullet)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed