GEE VIR MY JOU HALLO
Gee vir my jou hallo Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Reg # C3243700
(Soms wil jy hê dat iemand moet bly, tog moet hy of sy gaan.) (Capo on fret 1)
Gee vir my jou hallo
Hou eers jou totsiens
Sê vir my weer hallo
Wie hou dan van koebaai
Waar is dan jou hallo
Watter deuntjie hoor ek draai
Hoekom hierdie stilte
Waar’s die sin in ons verhaal
Bly hier met jou hallo
Onder Afrika se blou
Maar ek hoor net koebaai
Want jou tassie is gelaai
British Airways vat jou vêr
Daarom hallo jy nie nou
Sê vir my weer hallo
As dit moontlik is vir jou
Hier is ook my hallo
Gee dit altyd net vir jou
Laat die liefde wat jou hart bewaar
Jou drome nooit verlaat
Jou hallo nooit weglaat
Jou drome nooit verlaat
Jou hallo nooit ongedaan maak
Gee vir my jou hallo
Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Registration # C3243700
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Kragtige intro. Goed gepen.