SINKPLAATRIFFELS
Sinkplaatriffels
die ander aand se mooi-kyk van jou oë
het verby alles gekyk en slegs in my geglo
die wêreld uitgesluit om my in te sluit
daardeur jou beeld in my kop uit kom kap
Koor
vanuit die sinkplaatriffels van die grondpad-pad
en die soetgeur bly, laat dit by my bly
want in my soeke na onbeantwoorde vrae
glo ek dat jy sal bly, dat jy by my sal bly
soos haastige hoewe in hul vaste tred
gee jy vir my jou antwoord, wat my dalk sal red
soos gedagtes van verlang wat kom en gaan
dans jou silhoeët ‘n flikkervlam in my traan (bestaan)
(elke salpeterwit-kristal teen die perd se lyf
graveer jou naam as deel van my bestaan
witwarm metaal van elke hoef sy eie verhaal
weet die ruiter waarheen liefde met ons oppad is heen?)
Rianda Fourie Musiek © 2004
Didi Cornelissen Lirieke © 2004
4 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Prag beskrywings en woordgebruik. Hou hiervan.
-
Vonnie
Liriek, musiek en stem is pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis pragtig.. die woorde en die musiek!