MEDALJE VIR MA (OP MOEDERSDAG – ODE)
in ganse heelal is daar geen maar geen
medalje groot en skitterend genoeg
om ten volle waarde te toon of verleen
vir jou opoffering, sweet en swoeg
nagte alleen en verdrietig treur
oor waar môre se voedsel en sorg
vandaan kom en wat gaan gebeur –
was dit nie vir ‘n belangrike borg!
al nege jou kroos liefdevol en met moed
grootmenswêreld lig laat sien
met genade en vriende altyd gevoed
sagte moedershart dit met smaak bedien
weduwee te vroeg in die lewe gemaak
jou trane opgedroog en moed gekraak
met trots op eie houtjie voortgebeur
deur volgepropte lewe sonder kleur
Here alleen weet waar krag gevind
om massiewe familie aanmekaar te bind
kop omhoog en pynvolle tree vir tree
nooit met lewe moed opgegee
maar toe … die hartverskeurende deel
ontwikkel doodsvonnis kanker wat nie heel
binne ‘n ommesien deur jou lyfie beweeg
ontsien geen beendere en met oë dolleeg
jou onskatbare waarde vir almal nou verlore
God se besluit – vir die aarde nie meer beskore
skoon morfien het liggaam rustend gestil
jou neutbruin oë gesluit-berusting in Sy wil
miljoene dankies sal nooit kan bereken
hoe dankbaar ons was, steeds is Ma
vir jou opoffering en alles wat jy beteken
jy het ons in vlees verlaat – aan Hom opgedra
hiermee aan Ma die blinkste medalje ooit
want moed opgee, nie jy, nimmer as te nooit
haar stem is stil, haar plek is leeg
sy het na hemel engele aanbeweeg
4 Kommentare
-
Anze
is en bly n pragwerk
-
HelenaMellet
En daar het jy my nou in trane. Baie mooi stukkie werk Evelyn.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
evelyn hierdie pragwerk verdien beslis n diamant