‘N liedjie vir hom
My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede.
(OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”)
Sing, sing jou laaste song vir hom
Hy het met lang swaarpad gekom
Vandat hy ‘n seuntjie was
Waai die nare teespoed teen hom vas
Maar nou’s hy stil
Want dis die Heer se wil
Pak al jou memoires in ‘n tas
Strooi dit met rose langs hom vas
Want as hy daar bo gaan lees
Is daar niks meer vir hom om te vrees
Hy sal ons onthou
As hy dit mooi toevou
Net ‘n flentersiel deur die lewe verniel
Wou hy ook maar net sy merk kom maak
Maar nou is hy by engelvlerke
Wat rustig oor hom waak
As jy op silwerkussing lê
Moet jy vir Ma ook groete sê
So moet ons die paadjie stap
Want ons uurglas word ook leeggetap
so kyk maar uit
want Hy houvas die kryt
trots gaan ons koppe hoog laat hou
ons sal aan Sy Woord vas bly klou
want Van Reenens het geleer
dat jy weer en weer en weer probeer
al is dit seer
Hy sal salf aansmeer
Net ‘n flentersiel deur die lewe verniel
Wou hy ook maar net sy merk kom maak
Maar nou is hy by engelvlerke
Wat rustig oor hom waak
3 Kommentare
-
neels
Evelyn ons harte gaan uit na julle en dit is werklik n uitstaande pragwerk. goed gedoen en verdien n diamant by my.
-
Koos Elsum
Dankie vir die “liedjie” en ek vertrou die tyd het al bietjie verligting gebring. As ń gedig het dit by my die gewaarwording gegee van ń lewe wat beter kon wees maar dat daar altyd in die einde rus is maar dat ons ons deel nou ook moet doen. Dit sal help as lettertekens gebruik word om die lees v.d. gedig te lei. Waarom so lanklaas iets geplaas ?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie jammer om van julle verlies te hoor, baie sterkte en hierdie is n prag elegie uit jou siel!