Jongste aktiwiteit:

Sielsalleen in Tyd

As baba aan moedersbors
was ek,
(anders as die wind)
maar altyd aan broer, suster,
man of kind –
magneties aan ‘n ander mens
vasgekors.

Maar na my Wederhelf se dood
roei ek so sielsalleen soos Adam
(voordat God vir Eva gemaak het),
nou skielik
my eie euforiese diepseeboot.

Vergaap ek my soos Rembrandt
aan die speelse bedrog
van lig en skadu
as die noorderson se kleedrepitisie
deur my feëriekvenster verskyn –
gaan ek hoog-hoog in sy patos op
tot bewoë sy afskeidslied
ryp-appelkoos
voor my oë wegkwyn.

En sawens in die groot dubbelbed
(ek slaap steeds aan die linkerkant)
duimry ek naelstringlos en
totaal ongeband
(verweg van Pa-en-Ma se trouportret)
deur die balsaalswier
van die groot kosmos
se sege-lourier.

Damp my asem ‘n bietjie hitte
teen die koue ruit
as God se Gees
so saggies deur my neusvleuels fluit
dryf, dryf, my siel
voort en voort en voort
in Sy ewigheid ………………

©Elizabeth Greef




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed