As ek die wind was
Ek wens ek was die wind
ek sou in die veld speel
waar jy die meeste van jou drome droom
en saam met jou deur die blomme hardloop
Jy sou my sien dans
en geweet het dit is ek
as ek ‘n najaarsblom saggies
in jou hande kom sit
As jy gaan slaap sal ek deur die blare sing
en saggies aan jou venster ruk,
al was hy nog altyd toe vir my-
net sodat jy weet jy is nie alleen nie
Ek wens ek was die wind
sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon lê
8 Kommentare
-
neels
dit is nou n pragwerk Neil
-
Eduard Smith
Niel, ek begin nou so stadig deur almal se werk lees, om so op eie tyd (en vinnig genoeg hoop ek) met almal se skrywes vertroud te raak. Ek lees jou profiel (want ek is maar nuuskierig van natuur) en sien dat jy `nog heerlik kuier in jou vroeë twintigs. Dit opsigself is vir my wonderlik want ons het jongmans se stemme in die poësie nodig. Ek hou van jou gedig; die potensiaal en die halwe onskuld waarmee dit geskryf is. As jy my vergun, ek het so bietjie aan jou vers gekrap. Ek plaas dit hieronder. Net voorstelle en raad, met geen kritiek nie. Ek wens ek was wind [die verwyder vir effek wat in die veld kon rumoer [ waar jy die meeste van jou drome droom en saam met jou deur die blomme hardloop Jy sou my sien dans en geweet het dit is ek as ek ‘n najaarsblom saggies in jou hande kom sit As jy gaan slaap sal ek deur die blare sing en saggies aan jou venster ruk, al was hy nog altyd toe vir my- net sodat jy weet jy is nie alleen nie Ek wens ek was die wind sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon lê
-
Eduard Smith
Jammer, die vorige boodskap het geplaas voor ek klaar was met die gedig: Ek wens ek was wind wat in die veld kon rumoer waar jy die meeste van jou drome mymer om saam jou deur die blomme te loop. Jy sou my sien dans, geweet het dat dit ek was as ek ‘n najaarsblom sag teen jou hande vee. Wyl jy slaap sal ek deur die blare sing en matig aan jou venster ruk, ten spyt daarvan, dat die ruit vir my gesluit is - net vir jou, om te weet jy is nie alleen nie. Ek wens ek was wind sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon woeker. Lees maar en gesels met my in die inboksie. Groete Eduard
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Ek hou van hoe die wind speels en tog hartseer is deur die gedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek