Drome
Drome
Ek wonder wat doen jy vanaand:
Dink jy dalk ook aan my,
Of lê jy dalk al en slaap?
En as jy dalk al slaap
Ontmoet jy my iewers in ‘n droom,
Of lê ek in die vergetelheid van jou gedagtes?
Ons liefde is nou gister se droom;
Nog brandend sterk in ons herinneringe vandag
Ontwykend soos ‘n vlinder
wat haar vlerke span om te vlieg.
Dit brand soos ‘n onblusbare vlam –
die brandstof ons verlange na mekaar.
Ek wonder wat doen jy vanaand:
Dink jy dalk ook aan my,
Of lê jy dalk al en slaap?
En as jy dalk al slaap
Ontmoet jy my iewers in ‘n droom,
Of lê ek in die vergetelheid van jou gedagtes?
Yolande van Coller
2 Kommentare
-
Anze
sjoe dis diepseer maar so mooi vasgepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Mergelende verlange hier pragtig ge-uit!