Jongste aktiwiteit:

Woestyn

Ek spel jou naam in dooie kleur
en voed my woorde op gevoel,
want ek aanskou die bergarend
wat vlerkgespreid teen bloutes ets
en donkies en kameel wat brons
alvorens hete skimme flets
oor selfgehoopte dorre sand
en duin waar stil tog lewe woel…

In elke lit geamputeer
lê bleekwit sandgeskuur en bros
die oop- en toegewaaide been
van ongetelde mens en dier.
En rondom alles (onvervuld
in smagting na die wegblyreën)
loei spokerig die toewaaiwind
wat dae lank aaneen bly tier.

Jy strek jou uit – venaal verdor!-
banaal verkrag deur wind en son
wat erodeer en stofdroog brand
totdat die hardste rots verklip;
die̒ klip tot fyner klip vermaal
om tydloos, seker en gewis,
steeds aan te was tot nog meer sand.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed