
Genade-doudruppels
waar ek verdrink
in die oseane
wat deur jou are bruis
lees ek die uitroep sinne
in die diepkyk van jou oë
en waar jou asem skor
jou liefde oor die naat
van my vel kom skryf
ook in die boog van jou mond
hoor ek die soet
van omgee
sonder grense
so plant jy kosmosvelde
in die binnekamers van my hart
bedou dit met genade-doudruppels
uit die put van jou siel
as jy met jou hande
oor my menswees
streel
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
-
Zymrly
Ek hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Eduard Smith
Anze, so saam met jou eerste vers, wat keurig en lieflik aangebied is, wil ek jou namens myself, Vers Veritas op Facebook en al my lede baie geluk wens met hierdie grootse poging van jou. Dit skep 'n professionele indruk, vibreer van uitnemendheid en ek is saam jou en elke lid wat hier aansluit opgewonde met die groei wat onafwendbaar is. Baie geluk.