Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
Te min
Te min Altyd was daar net dié; Geloof, hoop, liefde, hiedie drie. En in bitter eensaam nag van liefdeloos gegrendel? En as hartstogs eenvoud kreun en kla by die drempel? Hoe dan smeek ek wel van U, Here, God van Woord en Tempel, Is daar nie dan meer as net dié? As geloof, hoop, liefde. […]
Die Hond (Vir Sammy)
Die Hond (Vir Sammy) My liefde was vir jou, ounooi. en was so sterk en eg. Opreg het ek geloop en lieg, oor jou pantoffels wat net weg. My gees en hart was goed, ounooi. en al my bedoelings edel. Maar nou wil jy nie meer na my kyk, selfs sou ek staan en bedel. […]
Hooglied
Hooglied אֲנִי לְדוֹדִי וְדוֹדִי לִי Jou vergifnis het ek verpand vir dertig nuwe drome, toe my kruis langs jou poorte laat lê. En maar vir jou ‘n tuin geplant, met vyebome sonder vrug, net soos jy graag wou hê. Al die offers wat ek eens na jou heil’ge plek sou bring, lê vertrap soos sout […]
Papierhart
Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]
Bedorwenheid
Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)