
Bly
Bly
As jy moet gaan,
doen dit dan vlugs,
in die skadu van ‘n verskoning,
in die donker van ‘n leuen.
Want, in alle eerlikheid, sal my hart
nie meer as juis net dié kan staan.
Dat jy nie wil bly, maar wel ook gaan.
Maar as jy bly,
doen dit eerder langsaam,
in die storms van jou menswees,
in die sonskyn van jou lag.
Want, in alle eerlikheid, sal my hart
nie meer as juis net dié kan staan.
Dat jy hier wil bly, en nooit weer gaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.