Jongste aktiwiteit:

Te min

Te min

Altyd was daar net dié;

Geloof, hoop, liefde,
hiedie drie.

En in bitter eensaam
nag van liefdeloos gegrendel?

En as hartstogs eenvoud
kreun en kla by die drempel?

Hoe dan smeek ek wel van U,
Here, God van Woord en Tempel,

Is daar nie dan meer as net dié?

As geloof, hoop, liefde.
Daardie drie?




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Dis wragtig so waar ek wil eientlik geen kommetaar lewer. Dankie Kommetaar sal wees om nie te vra “ Hoe dan smeek ek wel van U,” maar om miskien te sê “ek smeek U” meer direk & bondig. Net my opinie vir my eie leer proses

  • mvr77

    Hi Koos! Baie dankie vir die gawe kommentaar. Dis altyd lekker as iemand anders waarde kan kry uit my skrabbels. Om die denkrigting agter die "hoe dan smeek ek" te probeer verduidelik. Ek het dit intensioneel so gedoen om te wys dat die speker al vir male sonder tal gesmeek het, en steeds smeek. Dat dit nie die eerste keer is wat hy smeek nie, maar eerder die soveelste keer. Dankie dat jy so gaaf was as om die stukkie te lees, en te waardeer. Kan ekvoorstel dat jy dalk "Kort" ook lees? Dit sluit mooi hierby aan... Groetnis! M.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed