
Sielshangkas
Sielshangkas
Jy het skielik verskyn, rondgekrap
en net so skielik weer geloop.
Jy het gesoek, gegrawe en gebreek
sonder om te vra of jy mag of
kan of moet.
Jy het ingestap, deure oopgegooi
en ou gordyne oopgetrek, die son
weer die plankvloer laat skroei.
Jy het weggedraai, trots op jou redderswerk.
Maar die donker was eens aangenaam,
en die leemte was my vriend.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.