
leë woorde
met hoogdrawende stem
lê hy sy eskatologiese siening uit
sy woorde ril van inspanning
hoorders gril van verdriet
so groet die prediker tans
die toegewyde skape van sy wei
met dramatiese stemtoon
wat sy afkoms verklap
in alles loop die goue draad
van christologiese belofte aan mens
kroon van Sy skeppingsverhaal
enigste geskapenes met rede
©Teãrlach
(Baie mense is geneig om die Woord oppervlakkig te lees en dan in diepte opinies daaromtrent te lewer- Ander val weer voor die wa af met beterwete.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.