Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
sigbare geur
uit die oog uit die hart dit wil so lyk dink hy in smart al die ure en dae saam was toe net in naam oomblikke van opwinding die reuk van haar wat nie ruik nie nie in parfuum verdrink nie so eg vrou, aroma uniek daardie geur sonder taal die rit op die trein […]
EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Teenstryd (goud)
Soos ‘n vlietende ewigheidswese moes ek soms my hande biddend om jou vou net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou omdat ek jou lief wou hê sonder vrese maar my mond was vol letsels en vlekke en jy tussen hier en nou op ander plekke. © 9/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese […]
Bossies berou
Saans, tot skuins voor laat vind ons die blommesmous op die hoek van die straat waar hy sy laaste bietjies liefde, simpatie, en bossies berou, tussen gipsblomme strik met goiingtou. Kleurvol verdoesel in kreukel-kardoes, konkel ranonkels n a ï e f met madeliefies en magrietjies en ’n verdwaalde son(de)blom, (oor vlietende liefde en bossies berou) […]
Skielik is jy vry
Daar is nuwe perspektief in afstand en tyd, sou ek leer in latere nagte toe onthou nie meer afknou nie herinneringe draaglik word en alleen verkieslik bo eensaam is toe introspeksie blaam verdeel en ek myself bloot net nie meer kon verskoon want in die spel van stukkende harte is geen hand sonder bloed elke […]
Vir botter of vir wors
Ek wil sug oor die kitschgeit van paartjies vandag se botox lag en die feit dat liefde maar net liplangs loop want hartlangs loop die jakkalsies oop bo-blink het ek gedink soos die Rolex in die chinese winkel se vals rinktinkel en onder stink as jy besef dis ‘n oogknoper vir die vensterkoper maar van […]
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]